JE 3D SliceBox

joomla slicebox 3d image slider
 Amanzi web banner bespreekjpg  Kathu WebBanner  Welkom Lewende Water WebBanner
Joubertina WebBanner Spore WebBanner Benoni WebBanner

Elke Woord wat uitgaan is gebaseer op die volgende: Joh 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is DIE WEG en DIE WAARHEID en DIE LEWE; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Jesus roep jou vandag om Hom te volg (DIE WEG) tot in die (WAARHEID) dat God jou liefhet en dit bewys het waar Jesus aan die kruis vir jou gesterf het sodat wanneer jy Jesus aanneem as jou Verlosser jy nie meer verlore kan gaan nie, maar die ewige lewe kan hê Joh 3:16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; (Joh 3.16) Die Heilige Gees sal dan ook jou getuienis raak dat God jou Abba Vader is en jy 'n kind van Hom is Rom 8.16 (DIE LEWE)

Uit genade sal jy uit die preke kan aflei dat my roeping en Salwing is om jou nader aan God Drie-Enig te bring- (Luk 15.11-32)

In die inligting van Bad van Betesda sal jy agterkom dat Jesus die Genade jaar aangekondig het en dit sal jou bring by die plek van genade (Luk 4.18-19)

As u ook 'n visser van mense wil word vlg. Luk 5 help ek jou graag om deur die Bybelskool Kores Jesus se groot opdrag na te kom (Mat 28.18-20)

My hart is dat jy Abba Vader se hart sal verstaan dat jy niks kon doen om Sy liefde te verdien nie en dat niks wat jy gedoen het of kan doen God se liefde vir jou sal verander nie, hoe weet ek dit? Ek luister wat Die Heilige Gees sê en ek kyk waarheen Jesus my lei sodat my Hemelse Vader verheerlik kan word!

Spore Boek Add Kies die Lewe Kursus Registrasie